VROUENETWERK
VN_logo round main.png
 
 

Bemagtiging en Netwerk Geleentheid vir Vroue Entrepeneurs

 
 
 
dreamstime_xxl_85118322.jpg

#ONTMOET #ONTDEK #ONDERSTEUN #ONTSPAN #ONTBYT

Die Vroue Netwerk is n platform vir vroue entrepeneurs om, deur middel van ‘n kwartaallikse ONTBYT, op ‘n meer persoonlike basis mekaar te ONTMOET, om te ONTDEK wie doen wat, mekaar te kan ONDERSTEUN en om saam lekker te kan ONTSPAN.

Tydens die ontbyt word daar die geleentheid gegee vir ‘n geselekteerde groep vroue om as uitstallers hul besigheid die oggend te verteenwoordig en hul produkte en/of dienste uit te stal. Dis 'n wonderlike geleentheid vir persoonlike, een-tot-een netwerk tussen gaste en mede-entrepeneurs. Goeie, deurlopende blootstelling word ook vooraf en na die ontbyt aan elke deelnemende besigheid gegee.

 
 

dreamstime_xxl_86180053.jpg

hoe raak ek betrokke as uitstaller?

Die Vroue Netwerk Ontbyt is ‘n wonderlike geleentheid om direkte bemarking te doen teenoor ‘n groep potensiele kliënte. Die pakket vir uitstallers bied reuse voordele en is ‘n FANTASTIESE BELEGGING vir jou eie besigheid…

Lees Meer →

 
dreamstime_xxl_119789468.jpg

hoe raak ek deel van die Vroue netwerk?

Wanneer jy ‘n Ontbyt BYWOON as gas, word jy automaties deel van ons Vroue Netwerk. Voordele stop nie by die Ontbyt en alles wat daarmee gepaard gaan nie, maar jou lidmaatskap verseker jou AFSLAG en spesiale diens by elke uitstaller van die betrokke ontbyt wat jy bygewoon het…

Lees Meer →

 
 
 
 

Volgende Netwerk Ontbyt:
11 Oktober, Crown Restaurant
Durbanville

 
 
 
background-beverage-breakfast-414645.jpg
41771652_10156779746239744_296622553269534720_n.jpg

Entrepeneurs in die Kollig:

Kate & Lianie van Daniel & Friends Fund

Lianie en Kate weet hoe dit voel om teen genadelose siektes te baklei. Wat dit alles van jou en jou gesin beroof en hoe dit voel om jou kind te sien swaarkry. Hulle ken die gebrokenheid en trauma van die stryd verloor en jou kind aan die dood afstaan.

In 2014 het Daniel (Lianie se seuntjie) se pediater, Professor Pieter Fourie, ter herhinnering aan hom die Daniel & Friends Fonds gestig en vir Lianie & Kate aan boord gebring as direkteure. Die Fonds, ‘n geregistreerde Seksie 18(A) NOW, streef daarna om families wat kinders met spesiale behoeftes het te ondersteun. Dit doen hulle d.m.v. emosionele ondersteuning, werkswinkels wat ouers toerus met die nodige kennis en selfvertroue om hul komplekse situasies beter te kan hanteer en finansiële bystand wanneer moontlik.

“Daniel & Friends het my gehelp om op te staan… Vir my ‘n doel gegee. As ek net een ander kind of ouer kan help, was dit die hartseer en pyn werd… ”


Ontbyt netwerk tee.jpg

Vorige Ontbyt…

Weereens het ons ‘n wonderlike suksesvolle oggend agter die rug en vroue het geinspireerd, gemotiveerd en opgewonde huis toe gegaan! Die pragtige Stone Shed venue was ons tuiste vir die tweede Vroue Netwerk Ontbyt (8 Maart 2019) en 115 vroue het saam gekuier, genetwerk gelag, geleer en mekaar ondersteun.

Hierdie keer het ons ‘n groep van 12 Vroue entrepreneurs gehad wat elk hul eie besigheid verteenwoordig het en die kans gehad het om hulsef aan die gaste voor te stel. Hul stories was motiverend en hartroerend, waarlik ‘n inspriasie vir elkeen wat daar was.


Wat ‘n heerlike dag by die Vroue Netwerk Ontbyt! Heerlike kos, wonderlike gas sprekers en baie netwerk tyd! As jy ‘n netwerk geleentheid soek in die toekoms is hierdie beslis een om by te woon!
— Lelanie, LC Design & Photography

Photo Credit:  Nelle Photography

Photo Credit: Nelle Photography

Die Hart agter die
Vroue Netwerk Ontbyt

‘Nadat ek alreeds 5 jaar in dieselfde gemeenskap is, het ek nogsteeds op ‘n gereelde basis die vraag gekry: “Wat doen jy?”. In dieselfde asem het ek ook vir jare langs dieselfde ma’s by die skoolhek gestaan en wag vir my kinders en nie geweet wat baie van hulle doen nie…

Na aanleiding hiervan het ek ‘n behoefte gehad om vir besigheidsvroue in ons omgewing (myself ingesluit) meer blootstelling te gee en só het die idee begin vorm van ‘n groep vroue entrepeneurs wat saam ontbyt en mekaar (en hul besighede) beter leer ken

Nooit in my wildste drome sou ek kon raai dat daar so ‘n groot behoefte aan hierdie tipe platform is nie en die positiewe reaksie was oorweldigend.

Ek het nog altyd ‘n hart gehad vir vroue met hul eie besighede en my grootste beloning na ons eerste Vroue Ontbyt was vroue wat toegerus en gemotiveerd daar weggestap het, finaal oortuig om hul droom na te volg en hul eie besigheid te begin. En die getuienisse stroom steeds in van nuwe kliënte wat gewerf is en groot bestellings wat geplaas is na ons eerste Ontbyt!’

- Annelize Blom
Annelize Photography & Design

 

Melanie van What Works:

Hoekom Haar Opinie Saak Maak

melpic4.jpg
Ek is passievol oor klein besighede en wil graag hê entrepreneurs moet sukses hê met hul idees, so as ek d.m.v. my opinie kan help om die woord te versprei en dalk ander se lewens te help vergemaklik, bereik ek my doel.
— Melanie

Met haar ondervinding in die sake-wêreld en uiteenlopende blootstelling in verskillende industrieë, het Melanie ‘n flymskerp oog ontwikkel wat ‘n gaping in die mark gou kan raaksien en kan sy, sonder veel inspanning, maklik verskeie moontlikhede vorendag bring om die potensiaal te ontgin.