0

Your Cart is Empty

Q & A met Marina van Out of Office Hub

Q & A met Marina van Out of Office Hub

January 21, 2020

Marina van der Westhuizen is 'n dinamiese, kreatiewe sakevrou wat 'n goue geleentheid in die mark raak gesien en aangegryp het. Haar besigheid, Out of Office Hub, is geleë in die hartjie van die Moederstad en die tuiste vir menige besighede en individue wat haar stylvolle, moderne spasie gebruik vir vergaderings, konferensies, werkswinkels, netwerksgeleenthede, funksies en vele meer.
Read More
Q & A met Hannelie van Eeden van Style for Life

Q & A met Hannelie van Eeden van Style for Life

October 01, 2019

Hannelie is 'n dinamiese, multi talentvolle entrepreneur wat 'n groot impak maak op baie mense se lewens. Op haar energieke, 'hands-on' manier bestuur sy haar eie salon, assisteer sy menige kinders en volwassenes met haar voedingkunde en bied sy die lekkerste partytjies vir dogtertjies waar hul kan koek bak, gepamperlang word of sommer net lekker saam kan dans...
Read More
Jou Handelsmerk: Gebruik jy die Krag van Konsekwendheid?

Jou Handelsmerk: Gebruik jy die Krag van Konsekwendheid?

September 30, 2019

Vir enige handelsmerk is die einddoel om ‘n huishoudelike naam te raak en met elke ontwerp neem ek die volle siklus in ag om hierdie mikpunt te bereik. Vanaf die skep van die konsep, ontwerp van die korporatiewe identeit, regdeur tot die kommunikasie met potensiële verbruikers.

Read More

Terug na die basiese vir jou Besigheid

Terug na die basiese vir jou Besigheid

September 30, 2019

Tydens my jare se ondervinding in die gasvryheidsbedryf het ek ‘n belangrike ontdekking oor myself gemaak: ek is in my element wanneer inkomste en uitgawes eindig in ’n plus en om dit elke keer te bereik is wat my aanspoor, ongeag of dit my deel of die volgende persoon s’n is.
Read More
Magriet Groenewald, kenner op gebied van Sosiale Media

Magriet Groenewald, kenner op gebied van Sosiale Media

September 30, 2019

Hierdie stylvolle vrou, al die pad van Bloemfontein, het jare lank gefloreer in die korporatiewe wêreld, maar ma-word het gou in haar hart ‘n begeerte wakker gemaak om meer vryheid te hê en buigbaar in haar roetines te wees vir haar kinders. Die gevolg hiervan was ‘n reuse stap wat haar lewensrigting radikaal verander het en waarna sy nog nooit met spyt teruggekyk het nie.
Read More
Hoe Balanseer ek my Loopbaan met my Familie Lewe?

Hoe Balanseer ek my Loopbaan met my Familie Lewe?

August 21, 2019

Vrouwees in die besigheidswêreld hou heelwat voordele in. As gevolg van ons natuurlike neiging om informasie te versamel en op te let waar ons gaan, is vroue baie goed met netwerk en bou maklik konneksies. Vroue het ook natuurlike vaardighede om goed te onderhandel, te delegeer en te multitask.

Read More

Om Hartseer in HOOP om te skakel

Om Hartseer in HOOP om te skakel

August 20, 2019

Wanneer ‘n mens met Kate & Lianie tyd spandeer is die hartseer en pyn natuurlik daar.  Onder beheer, getem, maar daar. Dan, tesame met dit, half ongepas, is daar ‘n braafheid, ‘n krag, ‘n moedigheid wat alles bymekaar hou. En gou besef jy die geheim.

Die antwoord? Saam wees.

Read More
Melanie van What Works: Hoekom Haar Opinie Saak Maak

Melanie van What Works: Hoekom Haar Opinie Saak Maak

August 19, 2019

Tyd is ‘n kosbare kommoditeit en wanneer balans tussen besigheid en persoonlike tyd gevind moet word, word slim maniere en hulpbronne wat die taak kan makliker maak van onskatbare waarde geag. Dit is dan hoe What Works ontstaan het, Melanie se platvorm wat sy gebruik om waardevolle wenke vir die daaglikse lewe te deel en produkte, toeps en dienste te evalueer.
Read More
Nicky, die Warrior Vrou

Nicky, die Warrior Vrou

July 25, 2019

Sy is ‘n uitgesorteerde, professionele entrepreneur wat weet wat sy wil hê en hoe sy ‘n ding wil doen. Wanneer sy gesels oor haar inspirasie as jong meisie, vertel sy graag van hoe sy haar ma dopgehou het terwyl sy grimering aansit en verstom was oor hoe jy met grimering ‘n gesig kan transformeer. Tot vandag bly een van haar grootste lekkertes as haar kliënte komplimente ontvang van hoe mooi hul grimering lyk en om te sien hoe dit hul selfvertroue ‘n hupstoot gee.
Read More