September 30, 2019

As daar enige iets is wat jy wil weet oor Sosiale Media en aanlyn bemarking, dan is Magriet Groenewald die persoon om te nader...

Hierdie stylvolle vrou, al die pad van Bloemfontein, het jare lank gefloreer in die korporatiewe wêreld, maar ma-word het gou in haar hart ‘n begeerte wakker gemaak om meer vryheid te hê en buigbaar in haar roetines te wees vir haar kinders. Die gevolg hiervan was ‘n reuse stap wat haar lewensrigting radikaal verander het en waarna sy nog nooit met spyt teruggekyk het nie.

Met haar jarelange ondervinding in die korporatiewe industrie is die grootste ontdekking wat Magriet gemaak het hierdie feit: aanlyn bemarking is die weg vorentoe. Sy het besef dat as jy nie nou aanboord spring nie, jy jouself en jou besigheid gaan verbeur van ‘n reuse geleentheid om jou merk te maak in jou industrie.

Dit is dan die geleentheid wat Magriet met albei hande aangegryp het – om haar eie besigheid te begin as aanlyn bemarking en sosiale media spesialis. Daar is nie ‘n kursus, mentorskap of inligtingstuk wat sy nie deeglik verorber het om haar eie kennis so veel as moontlik uit te brei nie. Sy het ook geen onkostes gespaar om haar eie sisteem perfek en soomloos te kry nie.

Vandag bied sy menigte besighede standvastige, insiggewende leiding met hul aanlyn bemarking strategieë en bestuur Magriet haar eie, baie suksesvolle besigheid, terwyl haar skedule buigbaar is en sy haar grootste droom kan bewaarheid – om ook daar te wees vir haar kinders.

“Magriet is one of the most professional people I have ever had the pleasure of working with. The strategy she developed for my business has resulted in a x4 ROI. Highly recommended.” Teri Waite

Tot die voordeel van elke entrepreneur daar buite, het Magriet besluit om al haar kennis en ondervinding in een pakket te formuleer en so ook ander toegang te gee tot hierdie kosbare informasie. Met haar Facebook & Instagram Opleiding vir Besigheidseienaars & Entrepreneurs gee sy al haar waardevolste wenke weg oor hoe om optimaal jou besigheid of produk aanlyn te bemark.

Stap vir stap lei Magriet haar kliënte en leer elkeen die beste maniere om nuwe besigheid in te bring d.m.v. sosiale media.

“Magriet is 'n amazing leermeester op die gebied, en gee ons 'n nuwe visie van bemarking met baie wenke om jou besigheid uit te brei na die volgende vlak. Ek beveel haar aan met volle vertroue dat sy jou besigheid ook kan laat groei.” Leonie Duvenage Blignaut

En die beste van alles is dat d.m.v. haar strategië is sy ook ‘n rigtingaanwyser wat entrepreneurs lei tot die vryheid van 9-5 loopbane en hul help om die nodige kennis, selfvertroue en gereedskap bymekaar te maak om ook hul eie droom na die volg. Sosiale media maak bemarking vir enige iemand moontlik met menigte opsies wat elke sak pas. Met ‘n klomp goeie wenke, hope vol kennis en genoeg motivering stuur Magriet haar ‘studente’ die wêreld in, elkeen toegerus om die uitdagings aan te durf van die wêreld van aanlyn bemarking.

“Magriet's online course is really next level. Not only did it offer me the opportunity to start my own business, but I really learned alot. The best part is the support that she offers with the course, I do not think there is any other course that offers this kind of support.” Joalene Uys


Leave a comment

Comments will be approved before showing up.