October 01, 2019

Vertel bietjie van jou agtergrond en hoe jou besigheid ontstaan het...

Ek is 'n entrepreneur en gekwalifiseer as Rekenmeester, Skoonheidsterapeut en Voedingkundige. Ek het 'n lang reis gehad tot waar ek vandag is en baie herhinneringe begin al vervaag...

Ek het die Skoonheids Salon in 2005 begin. Al was dit nie op daardie stadium my passie nie, het ek hart en siel daarin gesit en later begin met pamperlang partytjies vir meisies, waarvan ek nou verskeie ander opsies ook bied. 

My eie voedingkundige wat my gehelp het om gesond te eet en 'n gesonde gewig te onderhou, het my uitgedaag om aan 'n fiksheid kompetisie deel te neem. Ek sukkel om nee te sê vir 'n uitdaging en alhoewel dit heel uit my gemaksone was, het ek myself toe op 'n verhoog bevind! Ek het so baie geleer oor myself en wat jou liggaam kan regkry met die regte kosse.

Na verskeie kompetisies het ek besluit daar is 'n groter doel hieragter en ek wil ander mense kan help! Dit het in my grootste passie ontwikkel en ek skryf nou daagliks gesondheids programme vir kinders, volwassenes , kanker pasiente, anorexia ens...

Style for Life het dus nou uitgebre in verskeie afdelings: die skoonheidsalon, voedingkunde en partytjies vir dogterjies (ouderdomme 9-13 jaar).

Was daar enige spesifieke persone/gebeure wat jou geinspireer het in jou journey

Ek was in 6 verskillende skole gewees waarvan ek altyd gevoel het niemand het my nodig/aanvaar as ‘n vriendin nie. Na elke 2 jaar gaan my pa net weer verplaas word na ‘n volgende dorp en ek kon nêrens my wortels skiet nie. 

Omdat ek soveel keer van voor af moes begin en myself bewys in elke nuwe omgewing, moes ek hard baklei op skool om iewers te kom in sport, akademie en ander gebiede. En dit het altyd gevoel dat maak  nie saak hoe goed ek presteer nie, dit was nooit goed genoeg nie.

Waar ek nou is in my lewe is waardeer ek dat ek kan waarde toevoeg tot mense se lewens en werklik vir hulle 'n verskil maak - veral met die voeding. Dit laat my hart borrel en ek is in my element as ek iemand kan opvoed oor kos en hul lewenstyl kan verbeter.

Wat is jou visie/passie vir jou besigheid?

My lewensPASSIE is om soveel as moontlik mense te help met hul spesifieke behoeftes. Daar is NIKS so lekker vir my soos om te sien hoe die regte eetplan iemand se lewe verander en vir hul soveel selfvertroue gee!

Uit jou eie ondervinding, noem ‘n paar wenke en slaggate vir ‘n nuwe entrepreneurs vrou wat pas begin met haar eie besigheid…

1.Begin net!

Of jy nou besluit om deeltyds te begin of met albei voete in te spring, besluit wat vir jou werk en kom net daar in. Jy leer dinge wat jy nooit sou uitvind deur ontelbare ure van lees of studeer nie, wat werk en wat nie. Dit is okay as dit nie werk nie, jy sal soveel oor jouself leer en uitvind oor jouself.Kies ‘n nis: Fokus op waarvan jy hou

2. As jy alles vir almal wil wees, sal jy vir niemand niks wees nie.

3. Moenie bang wees om te misluk nie! Ek het hierdie twee aanhaling neergeskryf om my te help om aan die gang te bly as ek opgee:

"A winner is just a loser who tried one more time.”  (George M. Moore, Jr.)
en
“Never never never give up.” (Winston Churchill)

As vrou en veral ma, wat is jou grootste uitdagings en wat is groot lesse wat jy geleer het in die balansering van hierdie 2 groot rolle?

Grootste uitdaging is TYD! 

Dit is nie vir my maklik om balans te vind tussen ma wees, vrou wees en werk, maar wat wel werk is beplanning.

My grootste les wat ek die afgelope jare geleer het is GEDULD, want sukses neem tyd om te ontkiem

Behalwe vir al die lewens wat jy reeds daagliks aanraak, het jy nog 'n manier hoe jy teruggee aan die gemeenskap?

In 2016 is een van my vriendinne se suster met borskanker gediagnoseer en met elke besoek van 'n kliënt aan die salon, het ek het 'n gedeelte geskenk aan die Borskanker Vereniging. Ek was in 2017 betrokke by ‘n matriek meisie in Paarlvalley skool, waar ek my dienste aangebied het in my skoonheidssalon.

Dan het ek in 2018 10 kinders by my gehad van Reach for a Dream, vir wie ek 'n pamperlang partytjie aangebied het saam met 'n skoonheidskoningin. Elke dogtertjie is bederf met 'n kroon om te kan voel soos 'n prinses. 'n Groot hoogtepunt vir my!


Leave a comment

Comments will be approved before showing up.