Vorige Ontbyt: Anna Beulah, Durbanville

p06lfg5t.jpg

Durbanville, Anna Beulah

Ons eerste Vroue Ontbyt het elke liewe verwagting vér oortref. Dit was gehou by die pragtige Anna Beulah plaas net buite Durbanville en bygewoon deur 90 vroue entrepeneurs en ondersteuners. Daar was 10 Vroue uitstallers wat elk hul eie besigheid verteenwoordig het en die kans gehad het om hulsef aan die gaste voor te stel. Almal het ‘n heerlike ontbyt geniet en die kans gehad vir Netwerk en kontak detail uitdeel.

Gasspreker en sakevrou Melanie van Wyk, het al die vroue toegerus met goeie besigheidswenke en idees vir vroue met hul eie besighede. Bernice van der Merwe was die talentvolle kok wat gesorg het vir die smullekker ontbyt wat voorgesit was en het deur ‘n paar kosdemonstrasies ook seker gemaak die vrouens kry handige wenke, spesifiek gemik op die besige ma en entrepeneur.

Die gelukkige trekking het gesorg dat menigte vroue met reuse geskenke bederf is en elke gas het met ‘n lywige ‘goody bag’ vol nóg bedef en verrassings weggestap.

Die doelwit van die dag vir vir vroue om mekaar te ontmoet, te ontdek wie doen wat en mekaar te ondersteun, asook saam te ontspan. En so het dit ook gebeur en ontaard in ‘n gesogde netwerk geleentheid met besigheidsvroue van ooral oor wat nie kan wag om weer saam te kuier nie.

Datum: 9 Oktober 2018
Plek: Anna Beulah Farm
Ontbyt: Bernice van der Merwe, My Basaar
Fotografie: Annelize Photography & Design en Nelle Photography
Borge: Rietvallei Landgoed, Promobox, Maze Consulting, Due North Gastehuis, Durbanville Counsellors
Gasspreker: Melanie van Wyk, What Works

Uitstallers:

Tania Vermeulen, The Deli Box
Stephanie Pienaar, Luna Wellness
Dr Chevonne Fitzroy, Esteties
Nicky Lonte, Niki Professional Make-Up
Danele Joubert, Kleuterbos Speelskool
Mia Munnik, Activ8 Fitness
Stephanie Joubert, La Vie Interiors
Tania de Clerk, Simplify Image Consulting