Vorige Ontbyt: Stone Shed, Durbanville

Ontbyt netwerk tee-36.jpg

Durbanville, Stone Shed

Weereens het ons ‘n wonderlike suksesvolle oggend agter die rug en vroue het geinspireerd, gemotiveerd en opgewonde huis toe gegaan! Die pragtige Stone Shed venue was ons tuiste vir die tweede Vroue Netwerk Ontbyt en 115 vroue het saam gekuier, genetwerk gelag, geleer en mekaar ondersteun.

Hierdie keer het ons ‘n groep van 12 Vroue entrepreneurs gehad wat elk hul eie besigheid verteenwoordig het en die kans gehad het om hulsef aan die gaste voor te stel. Hul stories was motiverend en hartroerend, waarlik ‘n inspriasie vir elkeen wat daar was.

Gasspreker en sakevrou Melanie van Wyk van What Works, het weereens die vroue toegerus met goeie praktiese wenke en idees vir vroue met hul eie besighede.

Die gelukkige trekking het gesorg dat menigte vroue met wonderlike geskenke bederf is en elke gas het met ‘n lywige ‘goody bag’ vol nóg bedef en verrassings weggestap.

Datum: 8 Maart 2019
Plek: Stone Shed, Durbanville
Fotografie: Nelle Photography
Borge: Rietvallei Landgoed, Bulb Flowers, Nelle Photography
Gasspreker: Melanie van Wyk, What Works

Uitstallers:
Marina van der Westhuizen - OUT of OFFICE HUB
Hannelie Van Eeden - Style for Life
Idene Doyer-Leibbrandt - Crown & Glory - Hair & Beauty
Lindi Scholtz - Think Health
Renay Briel - Legacy Leather
Seugnet Martin - Woodenways
Mariaan Kuhn - Dr Mariaan Kühn Aesthetics
Adri Roos 'Matthews' - Adri Roos
Eldine MacRobert - Crown My Style
Danielia Röttcher - Nudo Bellus
Alicia Beetge - Lijn Ontwerp
Lianie Walters le Roux & Kate Laurie - Daniel and Friends Fund