Die Visie agter die Ontbyt…

 
 

Leer ken en Netwerk…

Die Vroue Netwerk Ontbyt is ‘n platform waar Vroue Entrepeneurs en ondersteuners mekaar beter kan leer ken en so mekaar se besighede kan begin ondersteun. Dit is ‘n geleentheid vir besigheidsvroue om hul onmiddellike omgewing beter te ontgin en te bemark by hul buurvrou, vriendinne en gemeenskap.

Na die sukses van die eerste Ontbyt, is die behoefte aan hierdie tipe Netwerk tussen Vroue (spesifiek Afrikaans) duidelik geidentifiseer en na aanleiding van vele navrae gaan die Ontbyt een keer per kwartaal plaasvind. Daar gaan nog ‘n paar areas behalwe Durbanville ook geidentifiseer word vir die Netwerk geleentheid.

Ons Ontbyte sal nooit meer as 100 gaste toelaat nie (gewoonlik tussen 80 en 90) om seker te maak dat dit persoonlik bly en vroue werklik ‘n goeie geleentheid kry om ‘n blywende indruk te skep en nie wegraak tussen té groot getalle nie. Uitstallers sal ook beperk word tot 10 per Ontbyt en daar sal seker gemaak word slegs een per industrie word verteenwoordig.

Die Vroue Netwerk Ontbyt het onstaan vanuit ‘n behoefte om vroue entrepeneurs, spesifiek kleiner besighede, blootstelling te gee op ‘n persoonlike vlak en op ‘n skaal wat nie andersins bekom sou word nie.

dreamstime_xxl_119789468.jpg