Raak Betrokke

Vroue kan deel word van die Netwerk d.m.v. twee maniere: as Uitstaller by ‘n Netwerk Ontbyt of as Gas wat die Ontbyt bywoon.

Lees gerus verder wat beide opsies behels…

 

Word ‘n Uitstaller

vno-okt18-0952.jpg

By elke Vroue Netwerk Ontbyt word 10 Vroue Entrepeneurs die geleentheid gegee om hul besigheid ten toon te stel as Uitstaller. Daar is ‘n lang lys van voordele wat aan elke uitstaller gegun word en dit sluit in:

VROUE NETWERK LIDMAATSKAP
Jou rol as Uitstaller gee jou LIDMAATSKAP vir 12 maande tot die Vroue Netwerk Entrepeneurs. Jy en jou besigheid word dus gelys onder die Vroue Netwerk se databasis en verskyn op die Webtuiste, wat ‘n wonderlike platform is vir promosies hardloop, produkte adverteer, ens.

• Kliente Databasis
Na die afloop van die Ontbyt word die Uitstallers toegang gegee tot die databasis van elke vrou wat die oggend bygewoon het en word die geleentheid gegun vir direkte bemarking en kliënte verhoudinge opbou.

• Afslag of spesiale pakkette vir Vroue Netwerk Lede
Wanneer jy as Uistaller by ‘n Ontbyt optree en dus deel word van die Netwerk se Vroue Entrepeneurs lys, is dit ‘n vereiste om vir die databasis van vroue wat jou Ontbyt bygewoon het ‘n spesiale pakket of afslag te bied vir 12 maande. Dit is ‘n reuse voordeel vir vroue om die Ontbyt by te woon en te verseker dat jy so veel as moontlik potensiële kliënte persoonlik ontmoet, asook ‘n wonderlike platvorm om jou promosies op te hardloop…

• Blootstelling, blootstelling, blootstelling
Tydens die bekendstelling en bemarking van die Ontbyt word elke betrokke Entrepeneur (Uitstaller) en haar besigheid spesiaal genoem via ‘n verskeidenheid van Sosiale Media kanale.

• Plakkaat
In die Uitstallers Pakket word die ontwerp en druk van ‘n A1 plakkaat wat tydens die Ontbyt uitgestal word en die Entrepeneur en haar besigheid ten toon stel, ingesluit.

• Netwerk Nuus Koerant
Tydens elke Ontbyt word ‘n A3 grootte koerant aan elke gas gegee, wat alles i.v.m. die Ontbyt behels en hierin word elke Uitstaller geadverteer.

• Geleentheid vir Borgskap
Tydens die Ontbyt word daar lieflike pryse uitgedeel en Uitstallers het die geleentheid om verdere bemarking te doen deur van hul produkte of dienste te borg.

• Uitstal tydens Ontbyt
Behalwe vir die plakkaat en geskenkbewyse in ‘goody bags’, sal elke Uitstaller ook die oggend van die Ontbyt die geleentheid gegee word om haarself voor te stel en meer te vertel van haar besigheid.

• En nog Blootstelling
Op ‘n gereelde basis gaan ‘n artikel (geskryf deur Annelize) op die Vroue Netwerk blog geplaas word, met die kollig op ‘n entrepeneur (Uitstaller) en haar unieke storie... Só ‘n artikel word vir elke Uitstaller verseker. Hierdie artikel sal dan ook op Sosiale Media versprei word en die Uitstaller kan dit optimaal gebruik vir verdere blootstelling.

(Kyk gerus na Nicky se artikel as voorbeeld.)


Om as Uitstaller aansoek te doen vir die volgende ontbyt, kliek gerus op die knoppie hieronder en vul die kort vorm in, waarna Annelize jou sal kontak met die kostes en wat van jou benodig sal word.

Kom Ontbyt Saam

dreamstime_xxl_66555272.jpg

Jy hoef nie ‘n entrepeneur te wees om die Vroue Netwerk Onbyt by te woon as gas nie. Of jy nou ‘n tuisbly ma of werknemer by ‘n maatskappy is - die doel van die oggend is blootstelling en dis juis vir jou ondersteuning waarvoor elke uitstaller daar is.

Behalwe om ‘n heerlike ontbyt te geniet en saam te kuier en netwerk, sal jy as gas ook die volgende voordele geniet:

• Afslag
Jou kaartjie verseker jou ‘lidmaatskap’ wat beteken dat jy automaties op ‘n premium databasis land en elke Uitstaller wat by jou betrokke ontbyt was bied vir jou ‘n spesiale afslag, pakket of voordeel aan vir 12 maande.

• Netwerk
Indien jy self ‘n entrepeneur is, word jy aangemoedig om lekker te netwerk tussen die gaste en jou besigheidskaartjie ook uit te deel aan jou tafel…

• Leer Ken Entrepeneurs (die Uitstallers)
Jy kry die geleentheid om n groep Vroue Entrepeneurs in jou omgewing persoonlik te leer ken en te ontdek watter diens hulle bied of self hul produkte te leer ken

• Goody Bag
Jy kry ‘n lekker vet ‘goody bag’ vol heerlike ‘samples’, kontakbesonderhede, afslag pamflette en meer…

• Gelukkige Trekking
Jy staan ‘n kans om ‘n reuse prys by die gelukkige trekking te wen.

• Wenke
Jy gaan huis toe met wonderlike handige besigheidswenke om toe te pas in jou eie besigheid…

Om te sien wanneer en waar die volgende Ontbyt plaasvind, kliek gerus hier:

 

“Ek het reeds my eerste ‘sale’ van my produk in goody bag vir Ontbyt gedoen - so groot dit het reeds my onkoste gedek! “

~ Anne-Marie

 

Blootstelling d.m.v. Goody Bag

vno-okt18-7816.jpg
vno-okt18-1321.jpg

Gaste (wat nie Uitstal nie) het ook die opsie om vir hul besigheid blootstelling te gee d.m.v. die Goody Bag. Jy kan ‘n pamflet met jou kontakbesonderhede insit indien jy een van die volgende doen:

Produk ‘samples’ ook insit
of
‘n Vasgestelde fooi betaal
of
‘n Geskenk vir die Gelukkige trekking borg ter waarde van bogenoemde vasgestelde fooi.

Kliek hieronder en e-pos direk vir Annelize sodat sy verdere inligting en kostes in die verband kan aanstuur: