Back to All Events

Vroue Netwerk Ontbyt, Durbanville

  • Crown Restaurant & Wine Bar Meerendal Wine Estate, Vissershok Rd Durbanville South Africa (map)

VENUE: Crown Restaurant, Meerendal
TYD: 08h30-13h00
KOSTE: R380pp

Kom spandeer ‘n gesellige oggend saam met 'n groep vroue entrepeneurs wat hul eie besighede gaan ten toon stel, ONTDEK wie doen wat in jou omgewing en kry die geleentheid om lekker te NETWERK tussen die gaste, ander besigheidseienaars en ondersteuners. Indien jy nie self ’n besigheidsvrou is nie, is dit ‘n ideale geleentheid om hierdie vroue te ondersteun, geinspireer te word en saam te kom ontspan.

Ons gasspreker vir hierdie Ontbyt is MAGRIET GROENEWALD, 'n spesialis in die veld van Sosiale Media en Aanlyn Bemarking. Magriet gaan elke vrou inspireer en opvoed hoe om hierdie kanale optimaal in hul eie besighede toe te pas en entrepreneurs gaan wegstap met kosbare wenke en idees.

Vrouenetwerk Ontbyt kaartjie sluit in:

• 2 Gang Ontbyt, koffie & vonkelwyn

• Bekendstelling van Plaaslike Entrepreneurs en hul unieke stories

• 12 Maande afslag of spesiale pakket by elke Uitstaller van hierdie Ontbyt

• Informatiewe praaitjie deur Magriet Groenewald

• Geskenksak vol bederf

• Kans om groot pryse te wen

• Geleentheid om self te netwerk tussen 'n groep van 120 dinamiese besigheidsvroue

Bespreek jou plek so gou as moontlik - BEPERKTE PLEKKE beskikbaar! (Geen tafel besprekings)

Earlier Event: March 8
Vroue Netwerk Ontbyt, Durbanville